{"id":98,"date":"2014-11-11T08:49:28","date_gmt":"2014-11-11T06:49:28","guid":{"rendered":"https:\/\/www.omalweendo.com\/?page_id=98"},"modified":"2020-06-04T16:04:56","modified_gmt":"2020-06-04T14:04:56","slug":"testimonials","status":"publish","type":"page","link":"https:\/\/www.omalweendo.com\/?page_id=98","title":{"rendered":"Testimonials"},"content":{"rendered":"<blockquote><p>Hallo Dekker<\/p>\n<p>Ek wil net weer dankie se vir al die geduld en wysheid wat jy aan die dag gele het met ons groep. Dit was &#8216;n baie groot groep, en jy het ons almal uitstekend hanteer.<\/p>\n<p>Dit was heerlik om net agter jou aan te ry, en nie bekommerd te wees oor waar en wat nie. Die etes was puik, en ek dink die ouens met daktente lag nou nog vir ons!<\/p>\n<p>Ek sal jou aanbeveel by enige ou wat die Skedelkus wil doen.<\/p>\n<p>Dra asseblief ook ons dankwense oor aan Erwee en oom Piet.<\/p>\n<p>Beste groete<br \/>\nJohannes.<\/p>\n<hr \/>\n<p>Oom Dekker, oom Dekker, Oom Dekker<\/p>\n<p>Dankie vir jou kennis van jou land wat jy so kwistig met ons gedeel het. Jou rustige manier en die mens mensgeit van jou, oom RW, Simon &amp; Mathias het vir n lekker toer gesorg. \u00a0Ons sal julle verseker aanbeveel. \u00a0 Tot n volgende keer &#8211; mooi loop.<\/p>\n<p>Beste groete<br \/>\nLeFras &amp; Derika<\/p>\n<hr \/>\n<p>Dekker\/RW\/Willemien,<\/p>\n<p>Van een en almal van ons \u2018n baie groot dankie vir \u2018n onvergeetlike ervaring. Die grootste van alles die skepping, die uitgestrektheid, die barre woestyn, die mooi berge, droee sowel as nat riviere en natuurlik vir my die hoogtepunt was die kus en die Kunene mond. Dankie vir al julle kennis wat so mildelik met ons gedeel is. Die ongelooflike geskiedenis van die skedelkus maak dat \u2018n mens meer en meer daaroor wil lees en uitvind.<\/p>\n<p>Elke aand se kampplek was noukeurig gekies en het bygedra tot die mooi van die natuur. Die kos!!!!! Wat kan \u2018n mens meer verwag? Met een woord saamgevat, uitstekend.<\/p>\n<p>Ek het ook al saam met ander konsessiehouers getoer, maar sal beslis weer van julle dienste gebruik maak sou die geleentheid hom voordoen. Dekker en RW julle kalm en rustige benadering, sin vir humor, vriendelikheid en kennis dra alles by om die ervaring meer te geniet. Dra ook ons waardering oor aan Simon en Matheus.<\/p>\n<p>Nou ja, ons is terug by die werk met koppe vol mooi herrinering. Sterkte en voorspoed vir julle, ook van die Hippies.<\/p>\n<p>Tot weersiens.<br \/>\nHenk Beukes<\/p>\n<hr \/>\n<p>Hi Almal<\/p>\n<p>Van ons kant af ook, \u2018n baie groot dankie aan Dekker en sy span, asook almal wat saamgegaan het vir \u2018n baie lekker trip.<br \/>\nDekker hoop jou voertuig is uitgesorteer. Onthou vir ons met die Oranje-Mund na Luderitz trip asb.<br \/>\nWat die wind aanbetref, dit was deel van die ervaring. Onthou egter om mooi te kyk vir die \u2018\u2019sand blasting\u2019\u2019 effek, want dit is moontlik \u2018n versekerings eis.<\/p>\n<p>Sterkte en nogmaals baie dankie.<\/p>\n<p>Groete<br \/>\nSakkie Buys<\/p>\n<hr \/>\n<p>Hi Almal<\/p>\n<p>Ek wil net namens die Jordaans vir almal baie dankie se vir die fantastiese gees op die toer (al was ons by Kaap Frio omtrent almal reg vir omdraai!). Dankie vir almal se goeie gees; ek dink Dekker het dit die beste opgesom: julle is almal goeie mense. Dan wil ek ook baie dankie se vir almal se hulpvaardigheid en bedagsaamheid aan my ouers. Ek het gesien hul het maar omtrent altyd eerste kos gekry, gestort, ens. Dankie vir almal (veral die Vulstasiekind en die Kroonprins) wat altyd bereid was om \u2018n hand by te sit met tent opslaan, goeters aandra ens. Ons waardeer dit opreg. Dankie vir die jong manne wat ons oueres se nonsens, geite en seker maar boring geselskap verduur het!<\/p>\n<p>Laastens Dekker : nogmaals baie dankie vir \u2018n fantastiese ervaring. Julle professionele gedrag, rustigheid en algemene kennis was uit die boeke! Dankie nogmaals aan jou staf ook \u2013hul was puik.<\/p>\n<p>Mooi loop en ons hoop ons paaie kruis weer<\/p>\n<p>Groete<br \/>\nJorrie Jordaan<\/p>\n<hr \/>\n<p>Beste Dekker<\/p>\n<p>Hiermee wil ek net weereens baie dankie se vir die wonderlike ondervinding wat ons gehad het saam met julle daar in die Noorde.<br \/>\nHier tuis kan ons nie uitgepraat raak oor al die wonderlike goed wat ons gesien en kon ervaar nie.<br \/>\nOns het dit vreeslik geniet, en ek vertel vir al die mense dat jou en RW se liefde vir julle land, julle kennis en veral julle mooi taalgebruik my erg beindruk het.\u00a0Indien moontlik sal ons beslis weer Namibie wil gesoek &#8211; daar is so baie om nog te ontdek en te sien. Ons het die boek wat jy my gegee het verslint.<br \/>\nVoorspoed met die res van die jaar se toere.\u00a0 Mag julle geseend wees met goeie gesondheid en voorspoed.<\/p>\n<p>&#8220;Oom Dekker &#8211; oom Dekker&#8221; het nou al &#8216;n seding geword in ons huis.<\/p>\n<p>Groete.<br \/>\nElize Nieuwoudt<\/p>\n<hr \/>\n<p>Dags\u00ea Dekker<br \/>\nOns wil net weer baie dankie s\u00ea vir &#8216;n onvergeetlike toer saam met jou en jou span daar deur die Namib. As ek so na die fotos kyk kry ek sommer heimwee. As ek ook die bewondering van die mense hoor wat die fotos sien besef ons net hou bevoorreg ons is !! Dankie jy het &#8216;n lewenslange droom help bewaarheid ! Stuur ook ons waardering aan aan Len, hy was &#8216;n ster.<\/p>\n<p>Ek stuur so &#8216;n foto of twee saam as jy dalk vergeet het watter groep ons was ! As jy dalk nog fotos nodig het vir jou website sal ons nog stuur en ook by die ander kry.<\/p>\n<p>Ek hoop jy is rustig by die huis en kry weer kans om krag op te bou vir die volgende toer.<\/p>\n<p>Hou ons asb op hoogte as jou website op die lug is, ons sal graag op hoogte wil bly met wat jy daar doen; wie weet dalk kom ons weer saam op &#8216;n toer, en verseker gaan baie van ons vriende dit nou sterk oorweeg.<\/p>\n<p>Ek sal ook baie graag daai gedig oor die Namib wil h\u00ea om deel te maak van ons foto versameling op die rekenaar. Sal jy asb as jy dit het en kan scan vir my aanstuur of dan net die verwysing na die boek en skrywer waaruit die gedig kom dan sal ek kyk of ek die boek kan opspoor.<\/p>\n<p>Groete daar aan almal.<br \/>\nRas en Yvette<\/p>\n<hr \/>\n<p>Liewe Dekker en Willemien,<\/p>\n<p>Ons voel so sleg dat ons nou eers by julle uitkom ! Ons het direk na die toer net twee dae tuis<br \/>\ngewees voordat ons na die Suidkus van Natal vertrek het vir \u2018n maand. Die twee dae was basies wasgoed was en weer inpak. Ons het die 9 Mei terug gery en die volgende dag het ek (Jaleen) \u2018n noodoperasie aan my nek gehad. Ek het rankplante uit \u2018n boom getrek en die senuwee in my nek het vasgeknyp. Ongelooflike pyn\u2026\u2026 gelukkig is ek tuis en die Here was BAIE goed vir my en ek het geen pyn nie. Genoeg van ellendes.<\/p>\n<p>Ons wil net weer vir julle BAIE, BAIE DANKIE s\u00ea vir \u2018n wonderlike toer.!!! Julle was puik en ons voel bevoorreg dat ons die toer juis saam met julle kon doen. Julle kennis, leiding, vriendelikheid en reg wees vir elke situasie was vir ons besonders. Ons het GROOT waardering daarvoor. Willemien die kos was voortreflik !! Dekker jy moet tog asseblief daardie heerlike slaai resep vir ons stuur. Ou Tollie het dadelik vir hom \u2018n nuwe 4 liter Toyota dubbel \u201ccab\u201d bakkie gekoop\u2026 julle het hom vir altyd \u2018n liefde gegee vir 4&#215;4 !<\/p>\n<p>Ek stuur twee foto\u2019s in \u2018n ander e-pos. Nogmaals DANKIE en ons bid julle die Heer se se\u00ebn toe op julle verdere lewenspad.<\/p>\n<p>Se\u00ebnwense<br \/>\nFrik en Jaleen de Beer<\/p>\n<hr \/>\n<p>More Dekker ,\u00a0\u00a0 ons hardloop\u00a0 alweer rond\u00a0\u00a0 soos mal mense \u00a0,\u00a0 maar soos hulle se :\u00a0 n man se beurt is jou beurt !<\/p>\n<p>Ek skryf net om dankie te se vir n baie aangename\u00a0 week saam\u00a0 met jou , RW, Pieter , Mattias en Simon.\u00a0 Ek en Christiaan\u00a0\u00a0 het dit baie geniet. Dankie ook vir al die lekker eet, gesels en al jou kundigheid\u00a0 wat julle met ons gedeel het. Dit geskied altyd\u00a0 op n rustige wyse ten spyte\u00a0 van soveel dinge wat kan skeefloop. Ons voel te alle tye\u00a0 dat ons in veilige\u00a0 en bekwame hande is. Mens is nooit te oud om te leer nie ,\u00a0 na die 3 de toer\u00a0 het ons selfs geleer om die tent maklik en netjies op te vou,\u00a0 party ouens\u00a0 leer maar stadig !<\/p>\n<p>Na\u00a0 net meer as 4000 kms is ons veilig tuis\u00a0 sonder enige voorval , en is ons ook dankbaar daarvoor.<\/p>\n<p>Dra asb ons\u00a0 opregte dank aan almal oor .<\/p>\n<p>Tot volgende keer<\/p>\n<p>Groete<br \/>\nChristie\u00a0 &amp; Christiaan<\/p>\n<hr \/>\n<p>Dekker\/RW\/Pieter,<\/p>\n<p>Ons is veilig terug in Bloemfontein, maar ons gedagtes nog erens in die Namib. Nogmaals baie dankie vir nog \u2018n onvergeetlike woestyn ervaring. Hierdie was ons vierde toer saam met julle en weereens was ons beindruk met die professionele en rustige manier waarmee die hele toer benader is. Om vier en dertig mense en veertien voertuie veilig deur die woestyn te lei, is geen geringe taak nie. Een en almal is dit eens dat dit \u2018n lewensverrykende gebeurtenis was. Ek het weer stil geword om die grootsheid van die skepping te aanskou. Ongelooflik mooi.<\/p>\n<p>Al die toerlede kon nie uitgepraat raak oor die smaaklike etes van hoogstaande gehalte nie. Dankie aan almal wat met die voorbereiding gemoeid was. Willemien ons verstaan dat jy \u2018n leeue aandeel hierin het. Dra ook asseblief ons dank en waardering oor aan Simon en Mathias vir al hul harde werk. Hulle was ten alle tye vriendelik en hulpvaardig.<\/p>\n<p>RW, dit is ook altyd gerusstellend om te weet dat jy net \u2018n radioroep ver is. Jou meganiese kennis en vaardigheid is ook weer met groot sukses op die proef gestel !!!<\/p>\n<p>Pieter, dit was weereens gaaf om jou as mede toerleier te he. Jou eiesoortige sin van humor en spitsvondige antwoorde dra by tot die ligte luim.<\/p>\n<p>Dekker, almal het by jou geleer, danksy jou ongelooflike kennis van jou land en sy mense sowel as die geskiedenis daarvan. Dankie dat jy dit so mildelik deel. Sterkte en voorspoed vir julle jaar vorentoe.<\/p>\n<p>Tot weersiens,<br \/>\nHenk en Linda.<\/p>\n<hr \/>\n<p>Beste Dekker,<\/p>\n<p>Net &#8216;n vinnige nota om te laat weet ons is veilig tuis, en glad nie lus om m\u00f4re te begin werk nie!<\/p>\n<p>Dankie nogmaals vir &#8216;n fantastiese reis! Anlerie kon vir meer as 2000km huistoe nie ophou praat oor wat sy beskryf as &#8220;die beste vankansie van haar lewe&#8221; nie. En ek moet bieg, ek moes haar gelyk gee.<\/p>\n<p>Dankie is so &#8216;n klein woord, maar opreg bedoel beteken dit so baie. Dankie dus!<\/p>\n<p>Ek skryf aanstons &#8216;n brief vir Weg om my waardering ook so weer te gee.<\/p>\n<p>Beste groete,<br \/>\nHendrik en Anlerie Botha.<\/p>\n<p>N.S. Die olifantboek van Fritz Eloff wat jy vir Anlerie gegee het, was deurgelees, (hardop, sodat ek ook kan hoor!), voor ons Windhoek bereik het!<\/p>\n<hr \/>\n<p>Dear Dekker,<br \/>\nDear G\u00fcnther,<\/p>\n<p>Thank you very much again for an incredibly exiting trip with very entertaining company ( I would have never guessed that I will once spend five days with nine south African farmer couples but it turned out to be huge fun). Driving up the Skeleton coast and crossing the dunes in such a remote environment was an unforgettable experience.<\/p>\n<p>On the evening of the day we parted ways we arrived safely in Opuwo, after a long day of 360k rather interesting and partly technical driving (the pass south of Red Drum was in fact quite fun) . We continued to Caprivi and finally spend three days in (rather wet) Savuti in Botswana before dropping off the car in Lusaka. So all in all quite eventful two weeks.<\/p>\n<p>In case I will ship back the car from Namibia I am definitely planning to join you for the other half of the trip \u2013 L\u00fcderitz to Walvis. In the meantime we will send you a selection of Florian\u2019s photographs once they are ready.<\/p>\n<p>Dekker, for some reason, G\u00fcnther\u2019s business card got lost between Orange Drum and Lusaka so that I no longer have his contact details \u2013 could you please forward this email to him (and maybe copy me so that I can directly contact him again).<\/p>\n<p>Best regards,<br \/>\nKonstantin<\/p>\n<hr \/>\n<p>Goeiedag Dekker RW en die 2 helpers<\/p>\n<p>Ons is terug op die plaas en herkou nog aan ons ongelooflike ervaring van die Skedelkus.<\/p>\n<p>Baie dankie dat jul dit vir ons n onvergeetlike ervaring gemaak het. Die heerlike etes, al die geskiedenis van die omgewing, die interessante veldkennis en so is daar te veel om op te noem.<\/p>\n<p>Ons het dit geweldig geniet en beskou dit as n absolute lewensverrykende ervaring.<\/p>\n<p>Nogmaals baie baie dankie en groete van ons 2<\/p>\n<p>Piet en Marianne Ferreira<\/p>\n<hr \/>\n<p>This is just a short letter to state that my wife and I recently (2 \u2013 8 Sept 2019) undertook the Skeleton Coast \u2013 Kunene Mouth \u2013 Kaokoland tour with Omalweendo Safaris.<\/p>\n<p>We enjoyed it tremendously, even though we are old Namibians, used to camping all our adult lives, with lots of experience of the dry western parts of our country. Our guides, both Dekker and RW, were absolute experts. They have extensive knowledge of the ecology and the terrain, and the way they coached us during the dune driving, was just excellent.Their two assistants, Simon and Matheus, were a tower of strength, doing everything from their usual duties (setting up toilets, showers, cooking, setting up the kitchen, making fire, scouting the route) to assisting all the guests with vehicle problems and helping to refuel. Thanks, you four guys are absolutely amazing!<\/p>\n<p>The organization went like clockwork; everything just worked. Communication was excellent, the food was good, and the camping spots were very well chosen, affording us enough time to set up camp and relax, while they were all set in stunningly beautiful places. The route was great, challenging to most of us, but thanks to our guides, we all came through with our pride intact!<\/p>\n<p>Regards<\/p>\n<p>Cobus and Sophia van Zyl<\/p>\n<p>Windhoek, Namibia.<\/p>\n<hr \/>\n<p>Goeie more Dekker<\/p>\n<p>Ons is veilig terug by die huis en ook al weer &#8216;n week by die werk.<\/p>\n<p>Baie dankie vir &#8216;n pragtige toer deur die woestyn. Ons sal die vakansie nooit vergeet nie.<\/p>\n<p>Jy, RW, Simon en Mathius het ons bederf met die lekkerste etes in die woestyn. Elke keer &#8216;n verrassing gewees dat julle die heerlikhede daar kon voorsit. Dankie vir die uit sleep dit was my skuld was so bietjie bang vir die hoogtes en dan trap Rienko die rem.<\/p>\n<p>Was ook pret.<\/p>\n<p>Ons beveel Omalweendo Safari&#8217;s verseker aan. Dankie Dekker, RW, Simon en Mathius.<\/p>\n<p>Groete en Seenwense vir 2020<\/p>\n<p>Rienko en Salomie Eggink<\/p>\n<hr \/>\n<p>Dekker, RW, Matheus en Simon dankie vir \u2018n onvergeetlike ervaring, lekker kos, geselsskap, praatjies en kuiertjies in die tent rondom die vuur saans. Trip was baie goed georganiseerd en almal van ons het veilig tuis gekom, wat uiteraard die nb\u2019ste was, al het ons gesukkel met Jaap, wat nie glo hy het vas gesit nie&#x1f64a;en Rehuel wat hopeloos te windgat was met sy \u201cmonster\u201d&#x1f4aa;en Markus se fuses wat gedurig gelol het, weet nou nog nie watter plug Roelien getrek het nie&#x1f643;Grant always steady but not always knowing how to secure his camping chairs&#x1f609; RW always ready to come to the rescue with his unbeatable Hi-lux and Eberhardt &amp; Heinner at the back making sure that nobody got lost in the desert &#8211; always scanning the dessert with the zoom of a camera with Dekker leading the back as a real general, or must I rather say Sargent-major&#x1f605;and of cause the best of all small Rehueltjie showing the big guys how to drive&#x1f37b; dankie Dekker en span vir \u2018n wonderlike ervaring, waardeer elkeen se moeite en opofferings&#x1f942;&#x1f942;<\/p>\n<p>Theo Borstlap<\/p>\n<hr \/>\n<p>Willemien. Dit was 5 ster kos. Kon nie glo dat hy soveel heerlike kos vir so baie mense saam met al sy ander bagasie kon vervoer nie. My 2 skoentjies hang by my horlosie. Dit se vir my ek moet nog baie in ons pragtige land toer voordat dit te laat is a g v my ouderdom. Groete<\/p>\n<p>Stem volkome saam. Die toer was &#8216;n wonderlike ervaring. Dankie nogmaals Dekker, RW, Matheus en Simon.<\/p>\n<p>Juliana en Jaap Blaauw<\/p>\n<hr \/>\n<p>Thank you so much for inviting us English Blumrick\u2019s to go with you in this amazing adventure. We loved it so much and enjoyed all your Company &#x1f60a;&#x1f33b;<\/p>\n<p>Samantha Blumrick<\/p><\/blockquote>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Hallo Dekker Ek wil net weer dankie se vir al die geduld en wysheid wat jy aan die dag gele het met ons groep. Dit was &#8216;n baie groot groep, &#8230;<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":0,"parent":0,"menu_order":0,"comment_status":"closed","ping_status":"closed","template":"","meta":{"footnotes":""},"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/www.omalweendo.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/98"}],"collection":[{"href":"https:\/\/www.omalweendo.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages"}],"about":[{"href":"https:\/\/www.omalweendo.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/types\/page"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.omalweendo.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/www.omalweendo.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fcomments&post=98"}],"version-history":[{"count":12,"href":"https:\/\/www.omalweendo.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/98\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":316,"href":"https:\/\/www.omalweendo.com\/index.php?rest_route=\/wp\/v2\/pages\/98\/revisions\/316"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/www.omalweendo.com\/index.php?rest_route=%2Fwp%2Fv2%2Fmedia&parent=98"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}